top of page
Visvywers1.JPG

Die Stilbaai Gemeenskapsforum bevorder die belange van die belasting- en diensbetalers

en inwoners van Stilbaai, met spesiale aandag aan munisipale dienslewering.

AGTERGROND

Die Stilbaai Gemeenskapsforum (SGF) dra die belange van al die inwoners van Stilbaai en sy onmiddellike omgewing op die hart, en nie net dié van die belastingbetalers nie. Die inwoners sluit onder andere boere in.

Weens die veranderende bedeling op die plaaslike owerheidsvlak in 2000 het die Hessequa Munisipaliteit en die Tuinroete Distriksmunisipaliteit wesenlik die diensverskaffers van Stilbaai-inwoners geword. Nuwe kanale moes geskep word waardeur die belange van die inwoners van Stilbaai gedien kan word.

 

Huis- en grondeienaars het groot beleggings in Stilbaai en baie mense het gekies om hulle loopbane hier voort te sit. Dus het die inwoners van die Stilbaai-omgewing groot belang in die toekoms van die dorp en is dit nodig dat soveel lede as moontlik gewerf word om 'n verteenwoordigende forum daar te stel.

Kliek op die skakels onder as u die bestuurspan wil sien of ons grondwet wil lees.

Om as 'n lid te registreer, besoek asb ons Lidmaatskap bladsy.

bottom of page