top of page

Hessequa Inligting en Skakels

Noodnommers

24 Uur Noodnommers: Ongelukke / Brande / Rampe
084 014 1828 or 028 713 2222


Na-ure:
028 713 7917 (Control Room)

Veld- & Woudbrande:
044 805 5071 or 071 856 5719


Ambulans:
028 713 4554

DIE AMPTELIKE KANALE VIR DIE AANMELDING VAN KLAGTES/FOUTE EN DIREKTE NAVRAE IS SOOS VOLG:

  1. WhatsApp (071 598 3175)

    • Klagtes/foute kan 24 uur per dag aangemeld word by WhatsApp-nommer 071 598 3175.

  2. Telefonies

    • Klagtes/foute kan telefonies aangemeld word.

    • Tel: 028 713 8000 : Gedurende Kantoor-ure

    • Tel: 028 713 7917 : Na-ure (Beheerkamer)

    • Let daarop dat die 24-uur Noodnommers (Tel: 084 014 1828 of 028 713 2222) slegs gebruik moet word vir die aanmelding van ongelukke, brande en rampe en nie vir die aanmelding van klagtes/foute na-ure nie.

    • Indien 'n klagte/fout aangemeld of 'n navraag gedoen word, sal die munisipale amptenaar die kliënt van 'n verwysingsnommer voorsien.

  3. Besoek aan die munisipale kantoor

    • Inwoners kan die naaste munisipale kantore in hul area besoek om 'n klagte/fout aan te meld of navrae te doen.

    • Indien 'n klagte/fout aangemeld of 'n navraag gedoen word, sal die munisipale amptenaar die kliënt van 'n verwysingsnommer voorsien.

  4. Korrespondensie

    • Brief

      • Alle korrespondensie moet gerig word aan die Munisipale Bestuurder by die volgende adres, Posbus 29, Riversdal, 6670.

    • E-pos

    • Aanlyn

      • Inwoners kan die munisipaliteit se aanlyn "Rapporteer dit"-vorm gebruik om klagtes/foute aan te meld of navrae elektronies indien deur die amptelike munisipale webwerf by www.hessequa.gov.za te besoek.

Die publiek word versoek om volledige besonderhede te verskaf wanneer 'n klagte/fout aangemeld word, naamlik:

  • Persoon se naam en van

  • Adres

  • Telefoon- / selfoonnommer

  • E-posadres (indien beskikbaar

  • Aard van die voorval/klag, insluitend die adres (indien van toepassing).

 

Aangesien Hessequa Munisipaliteit verskeie dorpe bedien, is dit belangrik dat inwoners aandui watter dorp betrokke is.

 

BEVESTIGING VAN FINALISERING VAN KLAGTES/FOUTE

Inwoners sal bevestiging per WhatsApp, e-pos of SMS ontvang sodra die klagte opgelos is.

bottom of page