DOEL
Die Stilbaai Gemeenskapsforum bevorder die belange van die belasting- en dienstebetalers en inwoners van Stilbaai. Die SGF gee veral aandag aan munisipale dienslewering m.b.t. elektrisiteit, waterverskaffing, riolering, vullisverwydering, parke en ontspanning, gesondheid, verskaffing van nooddienste, sinvolle dorpsbeplanning en -ontwikkeling, onderhoud van paaie, stormwaterdreinering, algemene administrasie en finansiële bestuur; en die heffing en aanwending van eiendomsbelasting en dienstegelde.
Boodskap van die Voorsitter:
Daar is nuwe uitdagings vir belastingbetalers onder die nuwe bedeling vir plaaslike bestuur en betrokkenheid is die wagwoord. Die Stilbaai Gemeenskapsforum (SGF) waak oor die belange van alle inwoners van Stilbaai en sy onmiddellike omgewing, en skakel met die Hessequa Raad en ander instansies. Ons nooi belangehouers om aan te sluit en deel te word van die toekoms.
