
Lidmaatskap
Dra by tot die toekoms van Stilbaai en sy onmiddellike omgewing deur by die Stilbaai Gemeenskapsforum aan te sluit. Die forum streef daarna om alle inwoners se behoeftes en gedagtes oor die dorp te hoor en hulle bymekaar te bring in gesprekke met die munisipaliteit om dienslewering ten beste te benut.
Hoekom moet jy by die Stilbaai Gemeenskapsforum aansluit?
-
Gevestigde belange in wat die toekoms inhou: 'n Vinnig-groeiende dorp hou baie uitdagings in en begrotings bly beperk. Word deel van die gesprek en maak seker dat die regte kwessies aangespreek word. Verwoord jou behoeftes en belange sodat die plaaslike regering en besighede behoorlik daarvan bewus is.
-
Deelname is belangrik: Die Forum dek 'n wye spektrum van onderwerpe – van water tot riool, stadsbeplanning, afvalbestuur en die bewaring van die kuslyn. Sluit aan en deel jou kennis en ervaring met die forum se komiteelede wat die onderskeie portefeuljes bestuur. Dit sal die Forum die geleentheid gee om lede hulp te vra wanneer ons gespesialiseerde vaardighede benodig.
-
Betrekkinge: Die Forum het sterk bande met die Stilbaai Besigheidsforum en Hessequa se raadslede. Om saam met hulle te werk, bring 'n verenigde front teweeg wat dienslewering na die beste dryf.
-
Nie-polities, nie-rassig en nie-godsdienstig: Die Forum is 'n onbevooroordeelde en deursigtige liggaam en fokus uitsluitlik op gemeenskapsbelange.
-
Bekostigbare lidmaatskap: Vir slegs R100 per jaar per huishouding kry jy gereelde nuus en toegang tot die jongste en belangrikste gebeure wat Stilbaai raak. Jou bydrae en betrokkenheid maak uiteindelik 'n groot verskil aan die toekoms van Stilbaai en sy inwoners.
-
Terugvoer: Ons poog om gereelde terugvoer (kwartaalliks) te gee oor kwessies wat geopper word, vordering wat gemaak is en sake waaraan ons werk.
-
Bystand: Geleentheid vir die Forum om lede te vra om by te dra tot projekte wat die Forum inisieer. Dit kan fisies wees (deel van 'n werkgroep), beplanning, ondersoek/navorsing, finansieël, ens.
-
Bewusmaking: Deur 'n lid te wees, maar weg van Stilbaai te woon, sal jy 'n geleentheid kry om meer bewus te wees van kwessies, aktiwiteite, inisiatiewe wat binne die gemeenskap plaasvind deur die nuusbriewe en dokumentasie op die Forum se webwerf.
-
Samewerking: Ons poog om met ander organisasies binne Stilbaai saam te werk om te verseker dat ons 'n sterker stem met die munisipaliteit het en ook om te verseker dat ons nie inisiatiewe en kwessies met die Hessequa Munisipaliteit dupliseer nie.
Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013.
Die Wet of Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPI Wet) is vanaf 1 Julie 2021 van krag. Die doel van die Wet is om mense se persoonlike inligting wat verwerk word deur openbare of private liggame, te beskerm. Soos enige organisasie in Suid-Afrika, is Stilbaai Belangeforum ook onderhewe aan die bepalings van die wet.
Stilbaai Gemeenskapsforum hou die volgende inligting van ons lede in ons databasis:
-
Naam en Van
-
Epos adres
-
Tuisdorp
-
Of u eiendom in Stilbaai besit
Ons het geen ander persoonlike data in ons databasis nie en die inligting wat ons versamel is slegs vir direkte kommunikasie met ons lede.
Die name van ons lede kan aan ander organisasies of persone beskikbaar gemaak word as 'n goeie rede vir die versoek aan die Bestuurskomitee voorgelê word. Ons sal NIE enige ander persoonlike inligting aan enige ander organisasie of persoon sonder u persoonlike goedkeuring verskaf nie.
As u saamstem met wat hierbo staan kan u hier aansoek doen vir lidmaatskap: Registreer
As u enige vrae het of wil weet watter inligting ons van u hou, stuur asb 'n epos aan
admin@stilbaaigemeenskapsforum.org.za