
ERF 657
Biodiversiteit en etnobotaniese assessering van 'n gedeelte van Erf 657, Stilbaai-Wes.
Die gedeelte van Erf 657 tussen Jongensfonteinweg en die Gholfklub, oorkant die munisipale kantore, is nog onontwikkeld. Oor die jare was die erf die onderwerp van bespreking: moet dit in sy natuurlike toestand ontwikkel of bewaar word? Vorige botaniese opnames het aangedui dat die erf uit 'n biodiversiteitsoogpunt belangrik kan wees, maar hierdie opnames was vlugtig en meer data was nodig. Prof Richard Cowling van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth is gekontrakteer om 'n botaniese biodiversiteitsassessering van Erf 657 te doen. Die veldopname is in September 2018 deur twee nagraadse navorsers uitgevoer, hul verslag is in Februarie 2019 by die Belangeforum ingedien. Die verslag is 'n wetenskaplike dokument wat nie maklik verstaanbaar is nie. Die Belange Forum het 'n opsomming saamgestel met die belangrikste bevindings en aanbevelings. Hierdie dokument is slegs in Afrikaans beskikbaar.
U kan die verslag en opsomming hier aflaai.